BIBLIOTEEK
BIBLIOTEEK
Die Gemeenskapsbiblioteek van Centurion, Lyttelton, en die Bellville Openbare Biblioteek, Bellville, is die houers van die gesamentlike biblioteke van Tematika SA en die Afrikaanse Filatelievereniging van Pretoria. Hierdie boeke word in die naslaanafdelings van beide biblioteke gehou, waar daar voldoende ruimte is om rustig naslaanwerk te doen. Die stelsel om boeke uit te neem is reeds daargestel en Helena Snyman (vir boeke in Pretoria) of Robert Harm (vir boeke in Kaapstad) kan oor die saak genader word. Soos wat boeke beskikbaar kom, en finansies dit toelaat, word boeke in die biblioteke aangevul in 'n poging om lede van soveel moontlike informasie oor hulle tema's te voorsien.
Boekelys
Tydskrifte
Tematika SA het kontak met verskeie tematiese organisasie in lande oor die hele wêreld geskep. In meeste gevalle is die basis vir die verhouding die uitruil van tydskrifte, waardeur daar 'n baie groot bron van tematiese en filateliese inligting geskep word. 'n Lys van hierdie artikels word op gereelde grondslag op hierdie webwerf geplaas. Lede wat in enige van die gepubliseerde artikels hier vertoon belang stel, kan die Bibliotekaresse, Helena Snyman by +27-(0)12-803-8922 (t), 083-990-8953 (s), +27-(0)12-322-7699 (f), helenas@gpg.gov.za of Posbus 56221, Wierdapark 0149, Suid-Afrika nader. Vir SA lede, sluit asseblief 'n selfgeadresserdeen gefrankeerde koevert in.
Argentinië
Revista
Australië
Thematically Speaking
Themes
België
Themaphila
Duitsland
Ornithologie
Techno-Thema
Engeland
Gibbons Stamp Monthly
Logbook
Stamplover
Themescene
Finland
Aihefilatelisti
Frankryk
Le Philatélie Thématique
Indië
Indian Thematic Society Stamp News
Kanada
The Canadian Philatelist
Korea
Korean Stamp News
Nederland
Thema
Nieu-Seeland
ThemeNZ
Noorweë
Motivsamleren
Suid-Afrika
SA Philatelist
Swede
Motivsamlaren
Switserland
Thema International
Verenigde State van Amerika
Scott Stamp Monthly
Topical Time
Watercraft Philately
The New CartoPhilatelist
