THEMNEWS

ThemNews is Tematika SA se driemaandelikse tydskrif, wat in Februarie, Mei, Augustus en November gepubliseer en versprei word. Dit bevat bydraes deur die President, Briewe aan die Redakteur, Nuus van die Belangegroepe, en 'n aantal artikels oor 'n wye verskeidenheid temas. Hierdie artikels word geskryf deur 'n groot aantal versamelaars, beide plaaslik en uit die buiteland. Skrywers van artikels word aangemoedig om ondersteunende foto's/visuele material te voorsien om hulle artikels toe te lig.  Artikels wat in ThemNews verskyn het, mag in ander filateliese tydskrifte herdruk word, mits die goedkeuring van die Redakteur bekom word, en die nodige erkenning saam met die artikel gepubliseer word. In hierdie geval kan die Redakteur help om van die illustrasies te verskaf.

 ThemNews is met die volgende toekennings vereer:
* Silwerbrons by Kanada se 6th National Philatelic Literature Exhibition, gehou in Ottawa in Okt 2002.
* Silwerbrons by STAMPEX 2003, die Suid-Afrikaanse Nasionale Filatelie Uitstalling, gehou in Johannesburg, Suid-Afrika, in Okt 2003.
* Silwerbrons by Nieu-Seeland se 9th National Philatelic Literature Exhibition, gehou in Palmerston-Noord in Jun 2005.
* Groot-silver by Melbourne Stamp Show,Australia in Junie 2009

Die Redakteur
Petra Heath
Kortstraat 58,
Eldoraigne X27,
Centurion 0157,
Suid-Afrika
Tel/faks: +27-(0)12-653-8845
Vonkpos: heath@risccom.net

Vorige uitgawes van die tydskrif is teen die volgende pryse beskikbaar (die pryse uitsluit posgeld):

  • Vol. 1 (2000/01)  - R30.00 (or R5.00 per uitgawe)
  • Vol. 2 (2001/02)  - R45.00 (or R7.50 per uitgawe)
  • Vol. 3 (2002/03   - R60.00 (or R10.00 per uitgawe)
  • Vol. 4 (2003/04)  - R60.00 (or R10.00 per uitgawe)
  • Vol. 5 (2004/05)  - R75.00 (or R12.50 per uitgawe)
  • Vol. 6 (2005/06)  - R75.00 (or R12.50 per uitgawe)
  • Vol. 7 (2006/07)   -
  • Vol. 8 (2007/08)   -
  • Vol. 9 (2008/09)   -
  • Vol. 10 (2009/10)  -

Indien daar enige bestelling vir volume 3 tot 10 geplaas word, sal volume 1 en 2 gratis verskaf word.

Vereistes vir indiening van artikels Die teks in MS Word, sonder insnydings, pagineering, rubriek kolomme, ens, maar dis belangrik dat 'n aanduiding van paragrawe gegee word. Illustrasies moet in hoë resolusie (300 dpi) geskandeer word, en mag deur verskerping en helderheid bygewerk word.

Inhoud van onlangse uitgawes:

 

AttachmentSize
Themnews Index vol3 - vol10.xls91.5 KB